Mevrou is op 'n heerlike plek
Het geleer om in jou 40's te wees, beteken nie jy raak oud nie. Net dat jy verstaan waarom jy van lang ente se alleen stap hou, die natuur om jou aanvoel en naby aan die Here wil leef.
Ek het ook geleer dat mens nie altyd ander se optredes kan voorspel nie, en dit ook eintlik buite jou beheer plaasvind. Ek het ook geleer om te aanvaar dat ek nie altyd gemaklik is vir ander mense nie, en dat hulle ook nie met my vriende HOEF te wees nie.
My paadjie is my paadjie, ek is die een wat moet leer hoe om dit te stap.