pajamasmetsokkies

Hierdie is ek op 'n skinkbord. Om een of ander rede is ek bereid om my siel op sosiale media te plaas. Skrikwekkend, né?
Hoekom? Ek wens ek het geweet.
Al wat ek weet is dat ek 'n droom het en die droom wil versprei. 'n Droom wat hoop sal gee en lag sal laat borrel.
Ons almal slof, hop of loop deur een of ander woestyn, maar hoekom probeer ons dit nie met flikvlakke doen nie?
Ek kan nie flikvlakke doen nie, maar ek gaan probeer en ek gaan dit doen in die woestyn!
Ek hoop jy wil saam met my leer om flikvlakke in die woestyn te doen, want al is ons maar net gewone pajamas-met-sokkies mense is ons elkeen spesiaal en baie talentvol!