strooimeisie

Strooimeisie. Dis ’n samestelling: strooi + meisie. Tradisioneel beteken dit dieselfde as "bridesmaid"... die beste vriendin wat die bruid voor en op haar groot dag ondersteun. Dis egter nie wat die naam hier beteken nie. Nee, want in dié naam is daar soveel betekenisse opgesluit. Kom ons sê vir eers maar net dat hierdie blog gaan oor ’n jong vrou se dikwels deurmekaar gedagtes oor allerhande nonsens... wat soms eintlik nie nonsens is nie. Ek skryf omdat dit vir my terapeuties is. My wens is dat daar een persoon sal wees wie se hart dit sal raak en vir wie dit iets sal beteken.