woordnoot

Ek is ’n 60something....werk bedags in ’n oudiologie praktyk. Bestuur die pendelvoertuig wat mense op en af laai by ORTambo. Ma van vele, en Ouma van nog meer. Hulle sê ek is ’n "Survivor"...dis nou die mense wat pienk strikkies uitdeel. Vir my was dit net nog ’n geveg. Die geveg het my verander. Ek praat min, skryf eerder heeldag allerhande goed. Dis veilig. Die skryfding. Jy wys net vir sekeres wat in jou hart aangaan. Ek wil nog baie reis, wil die Camino gaan stap. Wil dinge beleef. Voordat.